Help dié talentvolle Baillie Park-atleet na sy drome

Lihann het twee keer sy eie rekord in die 1200 m gebreek.

Lihann Kemp, ‘n leerder van Laerskool Bailliepark, benodig tans geldelike hulp sodat hy aan die SA Skole atletiekbyeenkoms kan deelneem. Hy blink uit in die 1200 m en in landloop.
Lihann se sukses het in 2023 begin toe hy die o.10 2 kilometer wedloop by die SuidAfrikaanse landloopkampioenskappe in Port Elizabeth gewen het.
Lihann het vanjaar weggespring met dieselfde gees waar hy ‘n eerste plek by die Interhuis atletiekbyeenkoms in die 1200 m-item behaal het. Hy het die 1200 m in 4:07 minute gehardloop, waarna hy weer ‘n eerste plek in die 1200 m by die Mooirivier Prestige-geleentheid gewen en sy tyd verbeter het na 4:00 minute.

Lihann het ‘n baie belowende toekoms as atleet. Foto: Wouter Pienaar.

Lihann se sukses duur voort waar hy weer eerste kom in die 1200 m-item by die Kring byeenkoms en sy tyd na 3:56 minute verbeter. Vir JB Marks se atletiekbyeenkoms het Lihann besluit om die ander atlete ‘n regverdige kans te gee en het ‘n eerste plek met ‘n tyd van 4:00 minute behaal.
Lihann gaan 23 Februarie aan die Distrik Dr. Kenneth Kaunda atletiekbyeenkoms deelneem en 8 Maart aan die Noordwes Provinsiale atletiekbyeenkoms. Daarna gaan hy van 24 tot 26 Maart aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekbyeenkoms deelneem waar ouers Stefani en Ivan vaste vertroue in Lihann se talent en harde werk het.
Die SA Skole atletiekbyeenkoms vind in Polokwane, Limpopo plaas en die gesin vra die hulp van Potchefstromers aan om Lihann se talent na te jaag. Die gesin benodig geldelike hulp vir vier nagte se verblyf, asook brandstof vir die tog Noorde toe en terug.
Stefani kan by 079 6936397 gekontak word om bydraes te maak.

Exit mobile version