Local newsSport

Potch atlete oorwin by NW Tweekamp Kampioenskappe

Potchefstroom Gimnasium en Laerskool Mooirivier is as die beste skole aangewys tydens die NW Tweekamp kampioenskappe.

Die Noordwes Tweekamp kampioenskappe het Sondag, 4 Februarie in Potchefstroom plaasgevind waar atlete van Potchefstroom, Klerksdorp, Schweizer-Reneke, Sannieshof, Ottosdal, Lichtenburg, en Rustenburg meegeding het vir die Noordwes Tweekamp-span.

Hierdie span sal Noordwes verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampieonskappe wat 29 en 30 Maart in Bloemfontein sal plaasvind.

NW Skole Tweekamp het deelgemaak van die kampioenskappe waar Laerskool Mooirivier die Laerskool-trofee verower het. Potchefstroom Gimnasium het met die Hoërskool-trofee weggestap.

Laerskool Mooirivier se span het die trofee vir die beste Laerskool ontvang. Foto: Verskaf.

NW Tweekamp en Driekamp administrateur en aanbieder Yolanda Kruger sê die standaarde was baie hoog, met baie atlete wat nuwe persoonlike bestes behaal het.

Zoli De Kock van Potchefstroom het tweedeplek behaal in die Meesters-vroue 40+. Foto: Verskaf.

Die volgende atlete het ook nuwe rekords opgestel.

· Fredrich Liebenberg van Laerksool Mooirivier, Seuns o.11, met ‘n tyd van 1:09.39.

Friedrich Liebenberg vir Laerskool Mooirivier het eersteplek verwoer in die 0.11 kategorie. Foto: Verskaf.

· Egbert Palmer van Laerskool Mooirivier, Seuns o.15, met ‘n tyd van 2:23.46.

· Xandri Palmer van Potchefstroom Gimnasium, Meisies o.19, met ‘n tyd van 2:40.05.

· Stephan Malan, Junior mans, met ‘n tyd van 2:17.41.

· Wicus Malherbe, Meester Mans 40+, met ‘n tyd van 2:30.25.

· Marthinus Swanepoel, Meester Mans 60+, met ‘n tyd van 1:06.51.

Ava De Kock vir Laerskool Mooirivier het eersteplek o.8 verower. Foto: Verskaf.

Fredrich Liebenberg van Laerskool Mooirivier is as Victor Lodorum aangewys, en Mathilda Liebenberg van Potchefstroom Gimnasium as Victris Lodorum.

Mathilda en Friedrich Liebenberg is as Victrix en Victor Lodorum aangewys. Foto: Verskaf.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button