SportSport

Potch Swemklub oorheers by NW Swemkampioenskappe

Die blitsige swemmers van die Potchefstroom-swemklub het 22 individuele byeenkomsrekords laat spat en ’n totaal van 191 medaljes (waarvan 93 goud, 62 silwer en 36 brons) tydens die byeenkoms verower.

Soos gewoonlik vertel statistiek nie leuens nie, en in die geval van die Noordwes Swemkampioenskappe skyn dit net verder ʼn lig op die prestasies van die Potchefstroom Swemklub tydens die afgelope Noordwes Swemkampioenskappe in Desember 2023 plaasgevind het.

Hierdie syfers vertel ʼn verhaal van oorheersing met Potchefstroom Swemklub wat met ʼn algehele puntetotaal van 109 771 hul naaste teenstanders, Harties Reflections (76 767 punte) en NWU Swemklub (70 332 punte) klop.

Die blitsige swemmers van die Potchefstroom-swemklub het 22 individuele byeenkomsrekords laat spat en ’n totaal van 191 medaljes (waarvan 93 goud, 62 silwer en 36 brons) verower tydens die byeenkoms wat in Potchefstroom vanaf 6-10 Desember plaasgevind het.

Hierdie swemklub se spanpoging het duidelik uit die aflosse geblyk, aangesien die aflos-spanne van die Potchefstroom-swemklub met sewe byeenkomsrekords spog en dertien goue, vyf silwer en vier brons medalje verower het. Prestasies soos dié van die Potchefstroom-swemmers het die klub kop en skouers bo die 11 ander swemklubs in die Noordwes Provinsie laat uitstaan.

Die afrigter, Marike van Oort, sê sy voel baie trots op elke swemmer en hul prestasies. “Hulle het volgehou geoefen, hard gewerk, saamgewerk en almal het uitstekende tye geswem.”

Potchefstroom Swemklub is Noordweskampioene.
Foto: Verskaf.

Die kampioenswemklub se pragtige prestasies sluit onder meer in:

  • Jua Jonker, 2023 se byeenkoms se rekordbreker van sewe individuele items, het nege goue medaljes gewen.
  • Nog ‘n medalje-wenner is Xandri Palmer met nie minder as sewe goue, vier silwer en twee brons medaljes nie.
  • Reuben Jonker het ‘n silwer medalje losgeswem.
  • Alexia Delicado het twee goue en drie silwer medaljes verower.
  • Janco Bartleman het weggestap met twee byeenkomsrekords, twee goue, vyf silwer en een brons medalje.
  • Die blitsvinnige Chazél Orton het met twaalf goue medaljes geseëvier en Wilbert Vorster het een goue en vier silwer medaljes gewen.
  • Wian Bartleman het drie byeenkomsrekords laat spat, ses goue medaljes, een silwer en een brons medalje gewen.
  • Pieter-Jacq du Toit het vier goue en twee silwer medaljes verower. René Kotzé spog met tien goue, twee silwer en een brons medalje en Ewald Bartleman het vier byeenkomsrekords by sy agt goue medaljes gevoeg.
  • Kiana Borstlap is die ontvanger van vier goue, ses silwer en twee brons medaljes en Cameron Calder van drie goue en een brons medalje.
  • Mathilda Liebenberg was in haar skik met drie byeenkomsrekords, ses goue en een brons medalje.
  • Egbert Palmer het een goud, een silwer en drie brons medaljes gewen. Deoné spog met twee silwer en vier brons medaljes en Mienke Rutherford met twee brons medaljes.
  • Irma Kotzé het twee byeenkomsrekords, goue, drie silwer en drie brons medaljes losgeswem en Nieki Erasmus het breë bors met sy goue, vier silwer en een brons medalje gestaan.
  • Christiaan Nel het ‘n silwer en brons medalje gewen en Madelé Harding het drie goue, ’n silwer en ‘n brons medalje.
  • Inneke Liebenberg het ‘n byeenkomsrekord gebreek en drie goue, een silwer en een brons medalje ontvang.
  • Skye Taute spog met twee brons medaljes
  • Tiago Gomes verower vier silwer en vier brons medaljes.
  • Krynauw Brits verower ‘n brons medalje en Jacques Hooghiemstra stap weg met ‘n silwer medalje.
  • Gite de Witt het drie silwer en drie brons medaljes en Henri Jonker het ‘n goue medalje en drie silwer medaljes losgeswem.
  • In die meestersklas het Sybil de Beer twee silwer en een brons medalje gewen,
  • Hannes Jonker ‘n brons medalje en Zoli de Kock ‘n goue en ‘n brons medalje.
  • Die volgende swemmers het nuwe persoonlike beste tye geswem: Christa de Beer, Dané de Kock, Deon Calder, Nelia Kleynhans, Luan Erasmus, Lisa van der Westhuizen, Millay de Kock, Fredrich Liebenberg, Rihard Nel en Lisa Kotzé.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button