SportSport

Schuld slaan tweede honderdtal om Noordwes na sege teen Grens te lei

Ludwich Schuld se vuurwarm kolfwerk het weer eens gesorg dat Noordwes se o.19 Khaya Majola-span aan die wenkant eindig.

Ludwich Schuld se vuurwarm kolfwerk het weer eens gesorg dat Noordwes se o.19 Khaya Majola-span aan die wenkant eindig.

Schuld het weer 117 geslaan, die keer onoorwonne teen Grens, om sy span na ‘n vier paaltjie-oorwinning op Maandag, 18 Desember op die derde dag van die toernooi, te lei.

Noordwes moes 214 vir ‘n oorwinning jaag. Hierdie Potch Volkie se 117* was die anker wat Noordwes benodig het. Gimmies se Caiden Seleka het met 42 ook goeie ondersteuning vir Schuld gebied.

Vroeër het Volkies se Berno de Klerk (2/37) en Gimmies se Zavier van Rensburg (3/45) goed met die bal vir Noordwes vertoon.

Schuld het sover 284 lopies in die week teen ‘n gemiddeld van 142 gemoker.

Hy met met 117 teen Kei begin, toe 50 teen Mpumalanga aangeteken en nou met 117* teen Grens uitgeblink.
Sodoende is hierdie linkshandige kolwer se kanse verder versterk om die SA Skolespan vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar te haal.

Noordwes het ook die geleentheid om na die Platinum-liga te skuif indien hul vandag (Dinsdag, 19 Desember) vir Noordkaap kan baasraak.

‘n Wen sal ‘n plek in die finaal van die Goue-liga teen of Mpumalanga of SWD verseker.

Related Articles

Back to top button