Die Potchefstromer en oud-Potch Volkie, Johann Gutsche, het met ‘n 1.72 meter sprong die Afrikarekord vir mans (55-59 jaar) hoogspring gebreek.
Gutsche, ‘n tandheelkundige van beroep, het hierdie fenomenale prestasie behaal tydens die Afrika Meestersatletiekbyeenkoms wat op die Pilditch Stadion in Pretoria vanaf 16-18 November plaasgevind het.
Hy is ook aangewys as beste mansatleet (velditem) van hierdie byeenkoms. Gutsche is ook tans derde op die wêreldranglys in sy ouderdomsgroep.
Kyk sy sprong hier: