Vuurwarm atletiek by NWU Top 30

Die temperature kook vandag op die baan en veld met atlete wat hulle alles in die versengende hitte gee. 

Die 2023 NWU Top 30 skoleatletiekbyeenkoms wat vanaf 20-21 Oktober by die McArthur-stadion plaasgevind het, was ‘n atletiekskouspel.

3 200 atlete van meer as 70 skole van regoor die land het hier deelgeneem. Potchefstroom Gimnasium is die top plaaslike skool met ‘n algehele 11de plek in die A-afdeling. Hoërskool Menlopark eindig eerste met Helpmekaar-kollege tweede en Curro Hazledean in die derde plek. Sandri van Rooyen van Gimmies was eerste in die 100 m hekkies vir dogters o.17 en behaal ook brons in die 100 m. Nog Gimmies wat uitstekend presteer en podiumplekke behaal, is Liané Nel (goud – verspring, o.19), Stephané Hook (goud – spiesgooi, o.15 en silwer – gewigstoot, o.17), Doneli Steynberg (silwer – diskus), Mathilda Liebenberg (brons – 1 500 m hindernis , o.15) en Imke Bornman (goud – diskus, o.14). Ferdies se Danel Meintjies behaal ook ‘n fantastiese silwer in die dogters o.19 spiesgooi-item

Kyk die foto’s hier:

Uitslae kan hier verkry word:

ResPage1

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version