SportSport

Baillies boogskuts skitter by nasionale toernooi

Vyf Baillies skuts was deel van die Noordwes- spanne wat podiumposisies vir die provinsie behaal het.

Baillies Boogskiet het van 4 tot 6 Oktober aan die AGA-SA nasionale toernooi deelgeneem en uitstekend gevaar.

Woensdag, 4 Oktober het die provinsiale spanne vir die topposisies in Suid-Afrika meegeding.

Vyf Baillies skuts was deel van die Noordwes- spanne wat podiumposisies vir die provinsie behaal het. Die Penkoppe (primêre span) het die eerste plek behaal vir primêre provinsiale spanne en die Impalas (gemengde span) het die eerste plek vir gemengde provinsiale spanne behaal. Bendré Hendrikse, David Knoetze, Mia Roos en Divan van der Walt was deel van die Penkoppe en Gerhard Maritz van die Impalas.

Bendré Hendrikse skiet ’n allemintige telling van 286/300 en word nie net as die beste junior seun vir die dag nie, maar ook algeheel as die beste junior skut vir die dag aangewys. Donderdag 5 Oktober en Vrydag 6 Oktober het die interskole-kompetisie plaasgevind. Baillies se skuts het hier ook besonder goed presteer en die volgende skuts het almal goue medaljes ontvang:

Gr. 4 meisies: Bea van den Berg

Gr. 5 seuns: David Knoetze

Gr. 6 meisies: Elizma de Jager

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button