SportSport

Classic Clash kry ekstra geur op die Rugbyveld

Die Classic Clash tussen Volkies en Gimmies het die week op die Rugbyfront 'n heel ander geur by gekry. 

Die Classic Clash tussen Volkies en Gimmies het die week op die Rugbyfront ‘n heel ander geur by gekry.

Dit nadat die Noordvaalbestuur en skole gestem het om die kompetisie van 2024 te vergroot. Die verandering beteken dat Gimmies nou in die dieselfde liga as Volkies gaan speel.

Gimmies skuif saam met Piet Retief, Wagpos en Bergsig op na die Bowl van Noordvaal se Afdeling 1 kompetisie. Die Anker, Pietersburg en Wesvalia skuif op om vir die Afdeling 2 skole plek te maak. Daar sal voortaan ook nege spanne in elke afdleing, behalwe die beker afdeling wees. So het elke skool vier tuis en vier weg wedstryde. Daar is ook geen relegasie vir volgende jaar nie.

Volgens Dr. Jorrie Jordaan, voorsitter van die Noordvaal Skolerugbyvereniging, is daar al vroeg in die jaar aan verskeie modelle van die kompetisie begin werk.

Volgens Jacques Botes, direkteur van sport by Gimmies, is hy baie opgewonde en dankbaar om ook nou in Afdeling te speel. “Van daar af kan ons nou mettertyd ons pad boontoe oop veg. Dit is baie goed vir die skool en ek dink vir die provinsie ook,” het Botes gesê.

Gimmies pluk nou die vrugte van die harde werk wat hulle die laaste paar jaar met hulle Rugby ingesit het.

“Ons wil bou op die goeie fondasie, maar besef dat daar nou nog harde werk voorlê,” het Botes gesê.

 

Die Bowl-afdeling vir 2024 sal die volgende skole insluit:

Gimmies

Volkies

Merensky

Eldoraigne

Alberton

Dr. Malan

Piet Retief

Wagpos

Bergsig

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button