SportSport

Gimmies se o.15A krieketspan oorrompel KHS

Henré Cronje met 127 (75) is as die speler van die wedstryd aangewys. Cronje het 19 viere en een ses gemoker.

Potchefstroom Gimnasium se o.15A krieketspan was op hulle stukke teen Klerksdorp Hoër en hul met 236 lopies verlsaan in ‘n NW ligawedstryd op Saterdag, 9 September.

Hierdie span van Wian Lubbe en Robert Bosch is beslis kookwater en het KHS se boulers gereeld na die grens toe geslaan in hul groottotaal van 382/9 in 50 boulbeurte.

Henré Cronje met 127 (75) is as die speler van die wedstryd aangewys. Cronje het 19 viere en een ses gemoker.

Potchefstroom Gimnasium se o.15A krieketspan het KHS met 236 lopies weggeblaas. Foto: Verskaf.

Ulrich Botha (50 van 52 balle) en DeWet Grobler (53 van 57 balle) het ook goed bygedra.

Die indrukwekkende aanvangsbouler, Jahndré Coetzee, het 3/17 geneem en uitgestaan in ‘n fantastiese spanpoging met die bal vir Gimmies.

KHS is vir slegs 146 uitgeboul.

Related Articles

Back to top button