Excelsior sportman maak naam teen Aussies en Kiwi’s in groen en goud

PC Pretorius, die kaptein van die Suid-Afrikaanse o.23 gemengde Aksie Netbalspan, is iemand wat nie wegskram van die groot oomblikke nie en geleenthede met albei hande aangryp

Om jou land in enige sport te kan verteenwoordig is alreeds ‘n massiewe eer, maar om as kaptein ook die leisels te neem, vat dit so een trappie hoër.

PC Pretorius, die kaptein van die Suid-Afrikaanse o.23 gemengde Aksie Netbalspan, is iemand wat nie wegskram van die groot oomblikke nie en geleenthede met albei hande aangryp

Hierdie sportman en NWU student wat vanjaar die finale jaar van sy graad in Aptekerswese aanpak, het sy span in Augustus na silwermedaljes in die Drienasies Aksie Netbaltoernooi teen Australië en Nieu-Seeland gelei.

Hy het ook ‘n derde plek behaal in die Speler van die Toernooi-kategorie tydens hierdie reeks wat in Brisbane, Australië vanaf 12-19 Augustus plaasgevind het.

PC neem die Australiese kultuur in,

“Die mense wat die sport ken sal weet Australië en Nieu-Seeland is baie goed. Dit is baie professioneel daar.  Vir ons, waar netbal veral vir mans nie ‘n groot sport is nie om hulle te kon wen en in n finaal speel was ongelooflik. Om kaptein te wees was maar net ‘n eer. Om vertrou te word om die kaptein van jou land te wees, is iets wat baie min mense kan doen. Ek het net van die geleentheid gebruik om te leer en net die beste probeer doen wat ek kon,” vertel PC oor hul span se prestasie.

PC, wat senter of aanvaller (attack) posisies speel afhangende of dit 6 per kant of 7 per kant is, speel al sedert 2017 binnenshuise netbal, danksy sy sussie Kara.

PC Pretorius en sy spanmaats vier ‘n oorwinning.
PC speel al 6 jaar Aksie Netbal.

“Ek het saam my sussie begin speel. Sy was my “afrigter”. Ek het begin deur saam met haar die sport te speel en toe is ons albei baie goed. Wie geniet nou nie iets waarin jy goed is nie?,” sê PC.

PC saam met sy pa, Phil. PC het vir Excelsior Manskoshuis in vanjaar se ksohuisligafinaal uitgedraf waar hul die beker gewen het.

PC se talent op die sportveld strek ook tot by die ovaalbal. Hy was deel Excelsior Manskoshuis se eerste rugbyspan wat ‘n briljante sege in vanjaar se A-liga koshuisfinaal teen Caput Manskoshuis behaal het. PC het op slot uitgedraf in hierdie tweestryd, slegs ‘n paar dae nadat hy uit Australië geland het.

PC Pretorius tydens die Aksie Netbal Drienasies-toernooi wat in Brisbane plaasgevind het.
PC het SA as kaptein van die o.23 gemengde span gelei.

“Die koshuis is my tweede huis. Dis ‘n tyd van my lewe wat ek vir niks in die wêreld sal ruil nie,” noem PC.

Volgens hierdie boorling van die Vaaldriehoek, kan enige iemand by Aksie Netbal betrokke raak.

“Sluit aan by die naaste plaaslike area. Ek speel vir die Vaal Vikings, in Vanderbijlpark, wat maar die naaste aan my tuisdorp (Meyerton) is. Volgende kan jy distrikspan haal en aan die Nasionale toernooi  deelneem. Dit is waar die internasionale spanne gekies word.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version