Gimmies marsjeer nader aan promosie

Gimmies se 1ste XV en o/14A span het die afgelope naweek in die kwarteindstryd van Afdeling twee van die SDC Noordvaaltoernooi gewen. 

Gimmies se 1ste XV en o/14A span het die afgelope naweek in die kwarteindstryd van Afdeling twee van die SDC Noordvaaltoernooi gewen.

Met hierdie twee wenne beweeg hulle al hoe nader aan promosie na afdeling een toe. Die eerstespan het Brandwag van Benoni met 41 -19 geklop terwyl die o/14s, 22 – 19 oor Oosterlig geseëvier het. Die o/15 span het ongelukkig met 17 – 12 teen Piet Retief verloor.

Dit lyk na ‘n resies tussen Gimmies, Piet Retief, Wagpos en Midstream vir promosie. Gimmies sal komende naweek, in die halfeindstryd teen Midstream te staan kom. Die o/14s speel teen Piet Retief. As Gimmies hierdie wedstryde kan wen is promosie vir die Potchefstromers waarskynlik. Alhoewel die finale punt eers na afloop van die finale bepaal sal word.

Gimmies en Volkies wat weer in dieselfde liga speel sal vir Rugby in Potchefstroom baie beteken.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version