Oud-Volkie skitter vir SA in openingswedstryd van Wêreldbeker-netbaltoernooi

Die oud-Volkie en doel, Ine-Marí Venter, is as die speler van die wedstryd aangekondig nadat sy 43 doele gesink het met 'n persentasie van 91.5%. 

Die Proteas netbalspan het hulle 2023 Wêreldbeker-netbaltoernooi op tuisgrond op ‘n hoogtepunt begin met ‘n 61-50 oorwinning teen Wallis, gisteraand (Vrydag, 28 Julie) in Kaapstad.

In die eerste keer wat die Netbal Wêreldbeker in Suid-Afrika aangebied is, het die Proteas genoeg motivering gehad om voor hul tuisskare te presteer.

Die oud-Volkie en doel, Ine-Marí Venter, is as die speler van die wedstryd aangekondig nadat sy 43 doele gesink het met ‘n persentasie van 91.5%.

Ine-Mari Venter. Foto: Ine0Mari Venter/Facebook.

Die NWU netbalster, Elmeré van der Berg het ook kans gekry om haar staal te wys en het kritieke doele vir SA gesink.

DIe oud-NWU alumni, Jeanté Strydom het op verdedigende vleuel haar Proteas-debuut gemaak, en ook ‘n skitterende vertoning gelewer.

Onder leiding van die ervare kaptein, Bongi Msomi, het Suid-Afrika beslis gewys dat hul nie vir enige span gaan terugstaan nie. Dit was ook afrigter, Norma Plummer, se 100ste oorwinning as afrigter in ‘n Wêreldbeker.

Suid-Afrika speel vanmiddag (Saterdag, 29 Julie) om 16:00 in hulle tweede wedstryd van groep C teen Sri Lanka.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version