Het jy vrae oor rugby afrigting? Ons het antwoorde

Om 'n rugby afrigter te wees is nie maklik nie. Veral wanneer mens op dié reis begin, ontstaan daar dikwels vrae waaraan jy nie eers gedink het nie. Die Herald het uitgereik na verskeie hoëvlak afrigters wat die gemeenskap met antwoorde kan bystaan.

Om ‘n rugby afrigter te wees is nie maklik nie. Veral wanneer mens op dié reis begin, ontstaan daar dikwels vrae waaraan jy nie eers gedink het nie. Die Herald het uitgereik na verskeie hoëvlak afrigters wat die gemeenskap met antwoorde kan bystaan. Andrè Pretorius, voormalige Springbok en tans afrigter by Hino Red Dolphins, leen sy kundigheid aan aspirant afrigters uit. Saam met hom het Eugene “Loffie” Eloff ook ingestem om afrigters met hulle vrae by te staan. Eloff is ‘n voormalige Leeus breier, hy het ook wêreldkampioenskappe in 2003 en 2005
met die Springbok o.19 span gewen. Tom-Dawson Squibb, is sedert 2020 die hoofafrigter van Ikeys. Hy het in die verlede saam met spanne, afrigters en atlete gewerk om die wengedrag en denkwyses te ontwikkel wat daartoe lei dat hulle die beste weergawe van hulself word, terwyl hulle gelyktydig topresultate behaal het. Hy het onder andere saam met die Stormers, Melbourne Rebels, SA Rugby, Sharks, Westelike Provinsie Rugby, Ajax Kaapstad, SA Gholf, Universiteit van Kaapstad en Universiteit Stellenbosch gewerk. As jy enige vrae rondom rugby afrigting het stuur dit gerus na dustin@mooivaal.co.za. Die afrigters sal op ‘n weeklikse basis in kort video opnames spesifieke vrae beantwoord wat dan op die Herald se webtuiste
beskikbaar sal wees.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version