SportSport

Boetie en sussie veg hul pad oop na Engeland

Hardus en Anja du Plessis is vir die SA Presidensiële span gekies wat vanaf 2-8 Augustus in Engeland gaan deelneem.

Twee belowende Ring Contact Fighting Art studente van die Elite Klub in Potchefstroom, Hardus en Anja du Plessis is vir die SA Presidensiële span gekies wat vanaf 2-8 Augustus in Engeland gaan deelneem.

Hierdie boetie en sussie is van die talentvolste jong studente by hierdie klub en het puik gevaar by die onlangse Ring Contact Fighting Art Nationals (Jungle War) wat op 27 Mei vanjaar aangebied is.

Een groot struikelblok in hulle pad is ‘n gebrek aan fondse om die WKO Ope Wêreldkampioenskappe in Engeland saam met hul ouers mee te maak. By hierdie toernooi sal beste gevegskunstenaars van regoor die wêreld hul vaardighede ten toon stel en meeding om wêreldkampioene in hul onderskeie afdelings te word.

Dit is vir Hardus (12) en Anja (6) ‘n groot eer om die geleentheid te kan hê om aan hierdie kompetisie te kan deelneem met die moontlikheid om hul land met vlieënde vaandels te kan verteenwoordig. Hardus werk al sedert 2019 aan hierdie droom en wys ook sy slag met onoorwonne 2022 in RCFA. Anja het begin van die jaar begin met skopboks en is tans nog onoorwonne in haar gewigklas. Die totale koste, wat vliegkaartjies, treingeld, verblyf, basiese etes en toegangsfooie tot die toernooi insluit, beloop R36 000 per kind en R33 000 per ouer wat saam met hulle reis.

Vir borgskappe en meer inligting kan hul ouers Pieter by 082 772 4014 of Lindie by 0715631538 gekontak word.

Related Articles

 
Back to top button