SportSport

Luipies Grant Khomo span gly na goeie begin

Die Luiperds se o/16 span het vanoggend, 27 Julie, naelskraap teen die Boland verloor.

Die Luiperds se o/16 span het vanoggend, 27 Julie, naelskraap teen die Boland verloor.

Dit nadat hulle gister 15 -12 teen die Limpopo Blou Bulle gewen het.

Die eerste helfte het die Luiperds al die Rugby gespeel en hulle kanse goed benut. Die rustyd telling was 15 – 0 vir die Luiperds gewees. Boland het duidelik besluit dat hulle nie sommer sal moed opgee nie, en het ‘n Blitzkrieg van drieë vroeg in die tweede helfte gaan druk.

Die Luiperds het die skokaanval oorleef om weer binne hulle eie strukture te speel. Hulle was meer bestendig en het nog punte gaan aanteken . Met tyd verstreke was die Luiperds 30 – 25 agter, hulle het goed balbesit gehou en op die Boland se foute geteer om weer tot binne vyf meter a ndie doellyn te kom.

Een lynstaan was die verskil tussen die twee spanne. Die Luiperds kon net nie op die kritieke oomblik hulle lynstaan wen nie. Die Luipies het goeie karakter en veggees in diè wedstryd gewys.

 

Related Articles

 
Back to top button