SportSport

Potchefstromers blink uit vir Luipies op Dag 2 van o/13 Cravenweek

Die o/13 Cravenweek spanne van die Luiperds het 'n beter dag op kantoor vandag, 27 Junie, gehad. 

Die o/13 Cravenweek spanne van die Luiperds het ‘n beter dag op kantoor vandag, 27 Junie, gehad.

In dag twee van diè toernooi het albei die A en B spanne met oorwinnings weg gestap. Dit nadat albei spanne op Dag 1 teen die Grens en die Bulle onderskeidelik verloor het.

Die Potchefstromers in die Luiperds spanne het veral uitgeblink.

Die Luiperds se A-span het teen Zimbabwe te staan gekom waar hulle met ‘n met ‘n goeie tweede helfte poging die wedtryd 27 -10 gewen het. Dit was klipharde, taai rugby in die eerste helfte gewees. Die rustyd telling was 10 elk gewees. Die Luiperds het goeie fases aanmekaar gesit.

Die Zimbawiese verdediging om die afbreekpunte het hulle in die steek gelaat, dit het vir die Potchefstromer, Wihan Strydom kans gegee om twee drieë vir die Luiperd te gaan druk.

Een van die ander Potchefstromers in die span, Frikkie Fourie wat in die 12 trui vir die Luiperds uitdraf het ook agter die doellyn gaan kuier.

 

Die Luiperds se o/13 B-span het ‘n welverdiende oorwinning oor die Valke beklink. Die Valke het die wedstryd teen ‘n hoë tempo begin en twee vinnige drieë gaan druk. Die Luiperds het hulle sokkies opgetrek en goed begin terugveg.

Nog ‘n Potchefstromer, Juan Lucas het die terugveg poging met ‘n perfekte ‘Vleueldrie” gekroon. Met net 18 minute se speeltyd verstreke was die Luiperds, danksy Zachary Janse van Rensburg se skopvoet 12- 10 voor.

Die Valke het nie op hulle laat wag nie en kort voor Halftyd gaan druk hulle weer. Die rustyd telling 15 -12 vir die Valke.

Die Luiperds se woelwater losskakel, Zachary Janse van Rensburg, het sy span kort-kort uit die moeilikheid uit geskop waarna hy ‘n goeie lopie amper self gaan afrond het. Die laaste duikslag op hom was hoog gewees. DIe Luiperds  word ‘n strafdrie toegeken, en die Valke speel met een man minder, na ‘n geel kaart uitgereik is.

Met die telling 19 -15 toets die Valke, die Luipies se verdediging, maar die Noordwesters byt vas om die wedstryd met 19 -15 te wen.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button