SportSport

Goeie voorbereiding vir Luiperds tydens Bondedag

Die Luiperds, o/18 Cravenweekspan het Saterdag, 24 Junie, die Limpopo Blou Bulle naelskraap met 23- 22 geklop. 

Die Luiperds, o/18 Cravenweekspan het Saterdag, 24 Junie, die Limpopo Blou Bulle naelskraap met 23- 22 geklop.

Diè wedstryd was goeie voorbereiding vir die Noordwesters wat volgende week hulle Cravenweek veldtog in George gaan afskop.

Dit was ‘n taai affêre gewees, waar die Luiperds in die eerste helfte met die rustydtelling 10 -7 in die Luiperds se guns. ‘n Strafdoel wat deur Leonard Bevan oor gelits is, is al wat die spanne geskei het. ‘n Strafdrie is aan die Luiperd toegeken nadat buitesenter, Lebogang Wageng en David Ndala uitstekend gekombineer het om Limpopo se verdediging in flarde te los. Die laaste duikslag was hoog gewees vanweë die strafdrie.

Die Luiperds in vroeg in die tweede helfte weer gaan druk, maar Limpopo het hulle kanse goed benut en twee keer onder die pale gaan kuier. Leonard Bevan, die Luiperd se uitgeslape losskakel se skopskoen het vir die Noordwesters die wa deur die drif getrek.

Die o/18 Cravenweek skop op 3 Julie in George af. Die Luiperds sal op 4 Julie in hulle eerste wedstryd teen Griekwas in aksie wees.

Related Articles

 
Back to top button