SportSport

Potchefstromers vertrek eersdaags na o/13 Cravenweek

Slegs drie o/13 spelers van Potchefstroom is vanjaar se Cravenweek A-span ingesluit. 

Slegs drie o/13 spelers van Potchefstroom is in vanjaar se Cravenweek A-span ingesluit.

Frikkie Fourie van Laerskool Mooirivier Wihan Strydom van Laerskool Bailliepark en Andy Mncube van Laerskool President Pretorius, het op 21 Junie hulle ‘capping seremonie’ by die Elgro Hotel gehad.

“Hy het die hart van ‘n leeu, sy werksverrigting op die veld is meer as enige ander speler op die veld. Hy gee altyd 110%. Sy kennis van die spel op sy ouderdom  is absoluut. Ek is baie trots op hom en sien baie uit om hom by die Cravenweek, in aksie te sien,” het Andre Olivier, hoofafrigter van Bailliepark oor Wihan Strydom gese.

Die Luiperds speel van 25 – 30 Junie by Maritzburg College, hulle eerste wedstryd sal teen die Grens wees.

Kagiso Lemoen (Mooirivier), Juan Lucas (Mooirivier), Francois de Villiers (Bailliepark) en Evan van der Merwe (M.L. fick is in die B-span opgeneem.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button