‘Willehonde’ wen teen Trotse Tokkies

Saamtrek se 1ste XV staan as die 'Willehonne' bekend. Hulle het Dinsdagmiddag,13 Junie, tydens die Noordwes groot skole rugbyfinaal hierdie naam volgestaan.

Saamtrek se 1ste XV staan as die ‘Willehonne’ bekend. Hulle het Dinsdagmiddag,13 Junie, tydens die Noordwes groot skole rugbyfinaal hierdie naam volgestaan.

Die Klerksdorpers het 14- 10 teen LAerskool Mooirivier gewen.  Dit nadat Tokkies ‘n merkwaardige terugvegpoging  geloods het. Die manne van Klerksdorp het vroeg in die wedstryd 14- 0 voorgeloop. Tokkies het ‘n strafdrie afgestaan na ‘n paar hoë duikslae wat na mekaar uitgeoefen is. Daar is ook ‘n geelkaart uitgedeel. Dit het die Potchefstromers vir groot gedeeltes van die eerste helfte op die agtervoet geplaas. Wat het die afrigters, Hendri Labushagne en MJ de Kock vir die manne rustyd gesê? Dit was ‘n ander Tokkie-span wat die tweede helfte gespeel het. “Ek het halftyd net vir hulle gesê, Tokkie Trots, kom ons wys daai Tokkie ‘guts’ en hou net aan baklei tot die einde toe. Dit is wat hulle gedoen het, hulle het nooit opgegee nie,” het Labushagne gesê. Saamtrek moes veral in die tweede gedeelte van die helfte hulle doellyn met alles verdedig. Tokkies het aanval na aanval geloots maar kon net nie deur die Samies verdediging kom nie.

Volgens Marc Campher, afrigter van Saamtrek, het die seuns goeie rugby in die eerste helfte gespeel.

“Mooirivier het sterk teruggekom in die tweede helfte. Dit was ‘n tipiese finaal. Ons seuns het goeie karakter gewys aan die einde van die wedstryd om vir Mooirivier uit te hou. Hul is ‘n spesiale groep en verdien hul trofee,” het Campher gesê.

“Albei spanne het goed kompeteer, dit was in goeie gees gespeel, die ondersteuning van albei spanne was baie goed gewees. Ek dink rugby het op die dag geseëvier,” het Labushagne verduidelik. Saamtrek het op die dag agt spanne in ‘n finaal gehad, met 8 spanne wat of die finaal gewen het of die beker met hulle opponente gedeel het. Spanne in Potchefstroom gaan moet bontstaan om volgende jaar diè skool te onttroon.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version