SportSport

Volkies presteer op hulle bergfietse

Volkies se bergfietsryers was weer eens op hulle stukke die afgelope Saterdsag, 10 Junie, tydens die nasionale Trailseeker-bergfietsreeksbyeenkoms

Volkies se bergfietsryers was weer eens op hulle stukke die afgelope Saterdag, 10 Junie, tydens die nasionale Trailseeker-bergfietsreeksbyeenkoms wat by Van Gaalen in Hartbeespoort plaasgevind het.

Die Stemmet’s, Janco en Zandré, het in hulle ouderdomskategorieë puik prestaies behaal. Janco kom tweede in die sub-junior seuns kategorie met James Hennely in die derde plek. Zandré is vierde in die junior mans kategorie.

Tiaan de Villiers kry brons in die Jeug Mans-afdeling met Zanri Grobbelaar wat ook ‘n derde plek in die junior vroue-afdeling behaal.

Ilné du Preez kom tweede in die Jeug Vroue-afdeling. Bianca Botha kom vierde in die dogters sub-junior kategorie.

Zanri Grobbelaar, Zandré Stemmet, Ilné du Preez, Josef Botha, Reon Grobler, Bianca Botha en Janco Stemmet het die voorreg, na maande se harde werk, om Noordwes te verteenwoordig. Hierdie fietsryers getuig van vasbyt en uithouvermoë. Buiten die ure wat alleen op hulle fietse deurgebring word, is daar gereeld ook opwindende groep oefensessies wanneer hulle uitdagende roetes as ‘n Volkie-span aandurf, en kondisioneringsessies in die gimnasium by die skool.

 

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button