Die vreugdevure brand hoog by Laerskool Mooirivier nadat hul o.11A netbalspan op Saterdag, 10 Junie die 2023 Noordwes laerskole-titel verower het.
Hierdie spesiale groepie dogters was onoorwonne in hierdie toernooi wat by Potchefstroom Gimnasium se netbalbane plaasgevind het.
Hulle het vir Laerskool Proteapark in die eindstryd met 19-12 geklop om goud te wen. In die kwarteindstryd klop hulle vir Saamtrek van Klerksdorp met 17-9 en die halfeindstryd klop hulle hul bure Baillie Park met 15-12 in ‘n taai stryd.
Foto’s: Wouter Pienaar
Hulle los wel hul beste vertoning vir laaste met ‘n sege van sewe doele teen hulle opponente van Rustenburg in die eindstryd.
Mooirivier se o.13A netbalspan kan net-net nie in die o.11A’s se voetspore volg nie en behaal ‘n tweede plek nadat hulle teen Laerskool Vastrap met 14-12 in die eindstryd vasval.
Steeds is ‘n tweede algehele plek in Noordwes iets om beslis op trots te wees. Hierdie o.13A-span wys deurentyd hulle netbaltalent met ‘n kwarteindstryd oorwinning van 18-8 teen Bailliepark en ‘n 17-11 sege teen Laerskool Rustenburg in die haldeindstryd.
Tokkies se eerste netbalspan kwallifiseer sodoende ook vir die SA Netbalkampioenskappe wat vanaf 9-10 Augustus gaan plaasvind.
Uitslae:
o.11
1: Laerskool Mooirivier
2: Laerskool Proteapark
3: Laerskool La Hoff
o.12
1: Laerskool Generaal Hendrik Schoeman
2: Laerskool Rustenburg
3: Laerskool Vastrap
o.13
1: Laerskool Vastrap
2: Laerskool Mooirivier
3: Laerskool Rustenburg