SportSport

Ferdies se netbalspanne vier twee liga-oorwinnings

Hoërskool Ferdinand Postma se eerste en tweede netbalspanne is die Bayerliga-kampioene nadat hulle vir Hoërskool Stella in albei eindstryde vanmiddag (Saterdag, 10 Junie) op hulle tuisbaan geklop het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Ferdies se eerste netbalspan klop vir Stella met 22-18. El-zaan Palm is as die speler van die wedstryd aangewys. Wika Bezuidenhout, afrigter van die eerste span kan trots wees op haar span se vertoning vanmiddag waar hulle nie hulle ondersteuners op tuisgrond in die steek gelaat het nie.

Ferdies se tweede netbalspan het in ‘n riller van ‘n wedstryd vir Stella met 22-21 geklop. Dit nadat die wedstryd 19-19 geklop geëindig het en ekstra tyd nodig was om die spanne te skei.

Op die ou einde het afrigter, Mosa Thaele, se span vasgebyt en hulle Bayerliga-veldtog onoorwonne afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button