SportSport

Ferdies laat die stof staan by Noordwes Landloopliga

Megan Botha, wat tans in Gr. 11 is, het 'n derde plek in haar ouderdomsgroep behaal.

Hoërskool Ferdinand Postma het die naweek wat verby is aan die tweede ligabyeenkoms (ACNW) van die landloopseisoen in Noordwes deelgeneem.

Die liga het op 3 Junie by De Wilge Hoërskool plaasgevind.

Megan Botha, wat tans in Gr. 11 is, het ‘n derde plek in haar ouderdomsgroep behaal.

Kayli Botha, Gr. 9, het ‘n sewende plek in haar ouderdomsgroep behaal. Sunike Botha, Gr. 11, het ‘n 15de plek in haar ouderdomsgroep behaal.

Rhodes Schultz, ‘n Gr. 10 leerling het negende geplaas in sy ouderdomsgroep. Isak Hitge, Gr. 11, het 10de in sy ouderdomsgroep geplaas.

Die ander atlete in die landloopspan was beseer of siek en kon ongelukkig nie deelneem nie. Jolanda Rosin, een van die afrigters en ‘n onderwyser by Ferdies het vyfde gekom in haar ouderdomsgroep. Dr. Mariëtte Hitge, ‘n afrigter en dosent in wiskunde en toegepaste wiskunde by die NWU het derde geplaas in haar ouderdomsgroep.

Die volgende ligabyeenkoms vind hierdie Vrydag, 9 Junie in Wolmaransstad plaas.

Foto’s: Verskaf

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button