SportSport

Groot geleentheid vir Gimmies se tennisster

Hierdie Gimmie-tennisspeler sal by ‘n span van top junior tennisspelers aansluit en ‘n reis van vyf weke vanaf 6 Julie tot 13 Augustus deur Europa meemaak.

Die nommer een o.14 junior tennisspeler in die Afrika, Jahnie van Zyl, het die opwindende geleentheid gekry om aan die Grand Slam spelerontwikkelingsprogram deel te neem.

Hierdie inisiatief word deur die Internasionale Tennisfederasie (ITF) en die Konfederasie van Tennis in Afrika (CAT) gereël met die doel om talentvolle spelers te laat groei.

Hierdie Gimmie-tennisspeler sal by ‘n span van top junior tennisspelers aansluit en ‘n reis van vyf weke vanaf 6 Julie tot 13 Augustus deur Europa meemaak. Dit sluit ‘n intensiewe oefenkamp in Frankryk in, sowel as vyf toernooie in Frankryk, Duitsland en  België.

Dit is nie verbasend dat Van Zyl hierdie geleentheid kry nie veral nadat sy ‘n tweede plek in Togo by die Afrikakampioenskappe verower het vanjaar en ook die SA titel in die enkel en dubbelspel by die Growthpoint Junior Nasionale Kampioenskappe behaal het.

“Dis ‘n groot eer om my land  te verteenwoordig en ek is baie dankbaar vir die geleentheid en ook verskriklik opgewonde om teen Europese spelers te kompeteer. My doelwitte is om om kompeterend in elke wedstryd te wees,” vertel Jahnie.

Jahnie bedank haar ouers vir al hulle ondersteuning en moeite en sussies vir hulle ondersteuning sowel as haar afrigter, Riaan Venter.

“Sonder God sou niks van die moontlik wees nie,” voer sy verder aan wie sy vir haar tennissukses bedank.

Related Articles

 
Back to top button