SportSport

Volkies wen in doodsnikke

Volkies se 1ste XV het in die doodsnikke van hulle SDC Noordvaal Bowl afdeling wedstryd, teen Pietersburg 24 - 23 gewen. 

Volkies se 1ste XV het in die doodsnikke van hulle SDC Noordvaal Bowl afdeling wedstryd, teen Pietersburg 24 – 23 gewen.

Die Potchefstromers verbeter met elke wedstryd wat hulle speel en lê tans heel bo op die punteleer. Met 440 km se reis agter die rug sou dit van meet af moeilik wees om ‘n wen in die laeveld te beklink. Volkies moes hard werk vir hulle wen nadat hulle op ‘n kol 13- 0 agter was. Die eerste punte is binne 33 sekondes deur die laevelders aangeteken. Die Potchefstromers is verder onder druk deur verskeie strafskoppe in die eerste helfte geplaas.

In die middel van die tweede helfte het die manne van Volkies begin saamtrek om ‘n drie te gaan druk, in die tweede helfte het Volkies deur middel van begeesterde verdediging die tuisspan onder druk begin geplaas.

Uiteindelik het hulle die wedstryd met 24 -23 gewen.

“Pietersburg is goed, dit was ‘n klip, klip harde wedstryd. Ons is baie trots op die span hulle het baie goed saam getrek en besonderse moeite in die wedstryd ingesit,” het Mighael de Beer hoofafrigter van die eerstespan gesê.

Volkies se eerstespan is besig om golwe in die Noordvaal Bowl afdeling te maak. As hulle, hulle goeie vorm kan voortsit staan hulle ‘n goeie kans om die uitspeelrondtes te haal. Hulle volgende toets is komende naweek (10 Junie) teen Eldoraigne. Dié span van Pretoria het verlede jaar nog in ‘n hoër afdeling gespeel.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button