Dit was ‘n naweek om te beleef vir Potchefstroom Gimnasium op die NWU Astrobaan teen Volkskool toe hulle al hulle wedstryde gewen het.
By die eerstespan wedstryde het beide Gimmies se dogters en seuns nie ‘n enkele doel afgestaan nie.
Die seunswedstryd was ‘n kompeterende stryd waar Gimmies met 4-0 vir Volkies geklop het. Gimmies was klinies en hul kanse benut, terwyl Volkies steeds moedig tot by die eindfluitjie geveg het.
Jan-Adriaan van Wyk behaal twee doele, terwyl André Strydom en PC Schutte die ander doele aangeteken het.
Gimmies se dogtershokkiespan wys ook hulle talent met ‘n gemaklike 6-0 oorwinning.
Volledige uitslae
Dogtershokkie:
Eerstespan: Gimmies wen 6-0
Tweedespan: Gimmies wen 6-0
o.16B: Gimmies wen 2-1
o.16A: Gimmies wen 3-0
o.15A: Gimmies wen 4-0
o.14A: Gimmies wen 7-0
Seunshokkie:
o.14A: Gimmies wen 7-0
0.16 A wen 6-0
Eerstespan wen 4-0