SportSport

Volkies se o.14’s begin groot rugbydag met naelbyt-wen teen Gimmies

Die opkomende rugbytalent by beide Volkies en Gimmies het vir 'n energieke o.14A rugbywedstryd tussen hierdie skole by die Mooivallei Sportgronde gesorg. 

Die aksie tydens vanoggend (Saterdag, 27 Mei) se o.14A Classic Clash-wedstryd tussen Gimmies en Volkies was vuurwarm met Volkies wat na ‘n klipharde stryd met 20-17 koning kraai.

Die opkomende rugbytalent by beide Volkies en Gimmies het vir ‘n energieke o.14A rugbywedstryd tussen hierdie skole by die Mooivallei Sportgronde gesorg.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkies het fantasties begin en ‘n 17-10 voorsprong teen halftyd gehad. Die linkervleuel, Jason Pruis, buitesenter, JC Menezies en kaptein en agtsteman, AJ du Plessis, het vir Volkies gaan druk.

Gimmies se haker, Fanie Buys en hul agtsteman, Durand du Plooy, het ook vir Gimmies hoop voor halftyd met drieë gegee.

Die tuisspan het die drie van die wedstryd gedruk toe die heelagter, Lukas Kotze, met ‘n stukkie individuele briljantheid verby Volkies se verdediging aan die kantlyn gesnel het tydens ‘n kookwater teenaanval.

Rehan Potgieter verdoel en met die telling op 17-17 was dit naelbyt. Volkies se voorspelers was uitstekend en hulle harde werk verskaf vir hul ‘n strafskop reg voor die pale. Jonathan Ingram plaas dit tussen die mikke om Volkies met 20-17 voor te laat loop.

Gimmies het hard geveg en het balbesit en gebiedsvoordeel in die laaste 2 minute behou, maar kon nie deurbreek nie en moes toekyk hoe Volkies hulle hande omhoog hou toe die eindfluitjie blaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button