SportSport

Gimmies vuur die eerste skote op die netbalbaan

Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan het gisteraand (Vrydag, 26 Mei) op hul tuisbaan te veel skietgoed vir Hoër Volkskool Potchefstroom gehad en gemaklik met 40-18 geseëvier.

Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan het gisteraand (Vrydag, 26 Mei) op hul tuisbaan te veel skietgoed vir Hoër Volkskool Potchefstroom gehad en gemaklik met 40-18 geseëvier.

In hierdie FNB Classic Clash-stryd was Gimmies van die staanspoor af in beheer en het geen geleentheid vir Volkies gegee om hul ritme te kry nie.

Die telling was 10-4 na die eerste kwart en daarna het die telling net vergroot met Mariné Jacobs, Lana Burger en Miandi Fourie wat die doele inryg.

Ilané Moolman was ook uitstekend op senter terwyl Anika du Plooy en kaptein, Isabella Fourie op die vleuels ekstra ammunisie verskaf het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkie se doel en kaptein, Heloise Freeke, het moedig probeer om die telbord aan die rol te kry, maar ‘n doring in haar vlees was die uitstekende verdediging van Christi-Mari Coetzee.

Teen halftyd was meeste van die groot skote alreeds gevuur met ‘n Gimmie-skare wat luidkeels elke doel juig. Die momentum was 100 persent by Gimmies.

Toe die eindfluitjie blaas om die oorwinning amptelik te bevestig, was Gimmies in die wolke veral nadat die dag nie beter op die netbalbaan kon gaan nie.

Gimmies wen al hul A-span wedstryde, behalwe die o.17’s wat met een punt in ‘n rillerstryd teen Volkies met 16-15 verloor.

 Die ander netbaltellings is as volg:

Related Articles

 
Back to top button