SportSport

Wie het wenresep op die netbal en hokkiebane?

Gimnasium is die gasheer met kookwater wedstryde wat op die NWU Astrobaan, Gimmies se netbalbane sowel as die Mooivallei Sportgronde gaan plaasvind.

Die tafel is gedek vir die 2023 FNB Classic Clash tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom hierdie naweek vanaf 26-27 Mei. Gimnasium is die gasheer met kookwater wedstryde wat op die NWU Astrobaan, Gimmies se netbalbane sowel as die Mooivallei Sportgronde gaan plaasvind.

Die potte gaan reeds begin prut wanneer talle voorwedstryde tussen die juniors gaan plaasvind op rugby, netbal en hokkiegebied.

Potchefstromers se fokus op hierdie sportspyskaart beweeg wel reeds na die voorgeregte – die eerstespan wedstryde, wat die hoogtepunte van die naweek sal wees.

Vrydag vind die eerstespan wedstryde van die seuns en dogtershokkie sowel as netbal plaas. Gimmies sal voel dat hulle ‘n effense hupstoot het, aangesien hulle op hulle tuisbane gaan speel. Die vraag is of hulle of Volkies die wenresep gaan optower wanneer dit die meeste tel op die dag.

‘n Gimmie-Volkie kragmeting word nooit op papier beslis nie – spanne kon ‘n rowwe seisoen gehad het, maar dan siedaar, val alles mooi in plek teen hulle tradisionele teenstanders.

Die 2023 Classic Clash program:

Vanjaar is Gimmies se eerste netbalspan gereed om die Classic Clash-beker terug te wen na Volkies in 2022 sukses geproe het. In dieselfde asem sal Volkies daardie beker wil hou en wat is soeter as om dit by Gimmies te doen? Gimmies se krag lê in hulle verdediging met Christi-Mari Coetzee, Juné Roode en Isabella Fourie (kaptein) wat ‘n sterk driehoek vorm.

Ashlynn Botha (aanvallende vleuel) en Mariné Jacobs (doel) en Lana Burger (huldoel) sal weer op die aanval dopgehou moet word. Volkies se kaptein Heloise Freeke (doel), Magdaleen Crafford (aanvallende vleuel) en Amily Els sal hul bes doen om Volkies se punte te laat vloei.

Op die NWU Astrobaan is Gimmies se eerste hokkiespan gereed om ‘n vyfster vertoning voor hulle tuisskare te lewer, veral nadat hulle verlede jaar 1-1 teen Volkies op gras gespeel het. Gimmies se ster op die baan is Jan-Adriaan van Wyk, wat die balbeheer en eksposiewe spoed het. Met die 10 op sy rug is hy die spreekwoordelike generaal op die baan wat die aanvalle aan die gang kry. Marko Werkman is ook ‘n talentvolle speler wat tonne visie op die baan het. Sibusiso Ramabele is nog ‘n talentvolle jong speler wat vanjaar sy merk gemaak het.

Marko Werkman (Gimmies) en Asher Swarts (Volkies). Foto’s: Wouter Pienaar.

In doel kan Gimmies ook op Wian Landman staatmaak. Volkies se kaptein, Altus Roux, sal sy span met durf en daad teen Gimmies lei en al is hul nie die gunstelinge nie, sal hulle wil wys dat hul nie onderskat kan word nie.

Asher Swarts en JM Visser sal op die aanval dopgehou moet word. Gimmies se dogtershokkiespan sal deur Danelle Goedhals aangevoer word en behoort teen Volkies die oorhand te kry. Dit het lanklaas gebeur dat Gimmies se dogters teen Volkies vasval en met spelers soos Anica Swart en Cameron Charslund sal die dogters in blou wil skitter.

Stephanie van der Merwe se Volkies sal wil wys dat hulle die Astroturf betree om nie net die nommers op te maak en ‘n tikkie vuur op die spyskaart ver seker. Volkies het niks om te verloor nie en sal alles gee om die beker te kan lig.

Die eerstespan netbalstryd begin om 17:00. Die eerstespan dogters hokkiestryd begin om 18:30 Die eerste seunshokkiespanne se wedstryde begin om 20:00.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button