SportSport

Onlangse geskiedenis skets ‘n interessante prentjie van die Classic Clash

Op die netbal en hokkiebane het Gimmies die oorhand algeheel, maar op die rugbyveld was sake nog altyd rateltaai. 

Hierdie komende Vrydag en Saterdag (26-27 Mei) word Potch in twee spanne verdeel.

In die Noordekant sal blou en grys vlae van Gimmies wapper, terwyl Suidwaarts meeste Potchefstromers eerder die rooi, swart en geel van Volkies sal verkies.

Lojaliteit is nie net geografies nie, maar dit speel tog ‘n groot rol aangesien die skool deur die buurte in die omliggende omgewing ondersteun word.

Gimmies glimlag die afgelope 10 jaar sedert 2013 breed as ‘n mens kyk na die algehele uitslae wat rugby, hokkie en netbal uit alle ouderdomsgroep insluit.

Op die netbal en hokkiebane het Gimmies die oorhand algeheel, maar op die rugbyveld was sake nog altyd rateltaai.

In 2013 wen Gimmies 6 uit die 10 wedstryde

In 2014 is sake gelyk 5-5. In 2015 vat Gimmies die oorhand weer met 6 oorwinnings.

2016 is ‘n omkeerpunt vir Volkies wat Gimmies in 7 uit die 10 wedstryde uitskop. Een wedstryd eindig gelykop.

2017 maak Gimmies weer amok op Volkies se rugbyvelde met 7 oorwinnings.

2018 is ‘n roemryke jaar vir Volkies wat Gimmies op die Fanie du Toit sportgronde met in sewe wedstryde klop. Gimmies wen 1 en een wedstryd eindig gelykop.

2019 is sake weer baie taai en die telling eindig 5-4 in Volkies se guns. In 2022 (na twee jaar se Covid-19 pandemie) is die Clash weer terug. Al wen Volkies de eerstespanstryd 27-10, wen Gimmies meer wedstryde (4) teenoor Volkies se drie. Een wedstryd eindig gelykop.

Related Articles

 
Back to top button