SportSport

Tokkies maak puik skuiwe by Super 12-skaakkompetisie

Laerskool Mooirivier se junior-en seniorskaakspelers het hulself uitstekend van hulle taak gekwyt tydens die Super 12-skaakkompetisie.

Laerskool Mooirivier se junior-en seniorskaakspelers het hulself uitstekend van hulle taak gekwyt tydens die Super 12-skaakkompetisie wat op Saterdag, 13 Mei plaasgevind het.
Algeheel behaal Mooirivier ‘n 5de plek. Laerskool Menlopark is as die algehele wenners van die toernooi aangewys.
Laerskool Mooirivier se skaakspelers saam met hul hoof mnr. Jakkie van Vuuren. Foto: Laerskool Mooirivier/Facebook.
Die uitslae is as volg:
Die juniorspelers wen 4 uit 5 rondtes en is onder die 10 top-skole.
Die seniorspelers wen ook 4 uit 5 rondtes en behaal ‘n algehele derde plek.

Related Articles

 
Back to top button