SportSport

Volkies skop Noordvaal veldtog op groot noot af

Die SDC Noordvaal toernooi kon nie beter vir Volkies begin het nie. 

Die SDC Noordvaal toernooi kon nie beter vir Volkies begin het nie.

Die Potchefstromers het Saterdag, 13 Mei, die Hoërskool Dr. Malan 45 -0 op tuis bodem kaf gedraf.

Volkies het ‘n punt gehad om te bewys nadat hulle NWU-Prestigereeks nie na wense gegaan het nie.

Dit was ‘n lang dag vir die manne van Meyerton nadat hulle sewe drieë afgestaan het, en nie ‘n enkele punt op die telbord kon sit nie.

Volkies se verdediging het geskitter.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, is hy trots op sy span se spel.

“Ons het goed as ‘n span saam gespeel. ‘n Paar individue het ook hulle hande opgesteek. Ons verdediging was baie goed gewees, Chris Erasmus, ons verdedigingsafrigter doen baie goeie werk. Soms as mens baie drieë gaan druk dan word die wedstryd bietjie los, dan staan jy drieë af. Maar ons ouens het goed gedoen om hulle te keer,” het de Beer gesê.

Volkies verwelkom Hoërskool Wesvalia komende Saterdag, 20 Mei vir hulle volgende wedstryd. Dit gaan ‘n titaniese stryd tussen die twee skole van buurdorpe wees.

 

Related Articles

 
Back to top button