SportSport

NWU se atlete skitter met silwer by USSA-kampioenskappe

Die Noordwes-Universiteit se atletiekspan moes ten spyte daarvan dat hulle die meeste medaljes tydens die 2023 USSA Atletiekkampioenskappe verwerf het, steeds met tweede plek algeheel tevrede wees nadat UJ 25 meer punte aangeteken het.

Die Noordwes-Universiteit se atletiekspan moes ten spyte daarvan dat hulle die meeste medaljes tydens die 2023 USSA Atletiekkampioenskappe verwerf het, steeds met tweede plek algeheel tevrede wees, nadat UJ 25 meer punte aangeteken het.

Die USSA Atletiekkampioenskappe het vanaf 4-6 Mei in Bloemfontein plaasgevind met die NWU se atlete wat die trofee wou wen na hulle in 2022 die tweede plek geneem het. Silwer was wel die NWU se voorland in ‘n rateltaai stryd tussen die wenners, die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Universiteit van Pretoria (Tukkies) van die eerste tot die laaste item. Dit was ook die NWU se tiende silwer medalje plasing in die 29 jaar wat die kompetisie plaasvind. Die NWU spog ook met 15 oorwinnings, met die laaste sege in 2021.

Die NWU behaal 15 goud, 9 silwer en 8 bronsmedaljes. Die UJ verkry 14 goud 10 silwer en 5 bronsmedaljes met die Tukkies wat 5 goud 11 silwer en 14 bronsmedaljes inpalm.  

Neheng Khatala was ‘n uitblinker vir die NWU met drie goue medaljes. Foto: USSA Sport.

Al het die NWU nie die algehele beker gelig nie, kan hulle steeds in hulle noppies wees met spoguitslae. Tamzin Thomas (vroue 100m), Waldouw Smit (mans spiesgooi) en Neheng Khatala (vroue 10 000m) het almal nuwe rekords op individuele vlak opgestel.

Khatala was ‘n uitblinker vir die nuwe en het drie goue medaljes behaal. Die 10 000m voltooi sy in ‘n skitterende tyd van 34:49.18. Sy verwerf ook goud in die 5000m in ‘n tyd van 17:21.41 en maak dit ‘n driekuns met goud in die 21km half-marathon en bereik die eindstreep in 1:22:22.00.

Smit, die SA spiesgooi kampioen, se puik seisoen duur voort en hy laat waai met ‘n rekordgooi van 83.29 meter. Die 100m blits, Tazmin Thomas stel ook ‘n rekord op in die vroue 100m met ‘n kookwater tyd van 11.42 sekondes.

Die NWU naellopers volg in Thomas voetspore en behaal nog twee rekord in die 4x100m mans en dames wedlope. Thomas is ook deel van hierdie groep blitse en behaal sodoende ‘n tweede rekord by hierdie kampioenskappe.

Die vroue, Amiel Rothman, Phindile Khubeka, Viwe Jinqui en Tamzin Thomas maak klaar in 45.25. Die mans, Mihlali Xotyeni, Adrian Swart, Mbhoni Mabunda, Benjamin Richardson snel tot goud in 39.66.

Die veelsydige Karmen Fouché behaal ook twee goue medaljes in die vroue verspring en hoogspring om ‘n uitstekende kampioenskap vir hierdie oud-Gimmie af te rond.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button