NWU afrigter dalk op pad Loftus toe

Die NWU se verdedigingsafrigter, Jean Tiedt is dalk oppad Loftus toe. 

Die NWU se verdedigingsafrigter, Jean Tiedt is dalk op pad Loftus toe.

Rapport berig dat Jake White, die dienste van Tiedt en Duane Vermeulen wil bekom. Volgens Rapport wil White diè twee in Joey Mongalo en Pine Pienaar se poste aanwend.

Pienaar maak aan die einde van hierdie seisoen klaar by die Bulle waarna hy vir Allistair Coetzee by die Namibiese nasionalespan tydens die Wêreldbeker gaan bystaan.

Mongalo is sedert 2022 by die Haaie as hulle Curriebeker se hoofafrigter aangestel.

Met Tiedt aan die stuur van die verdediging by die NWU het hulle die minste drieë in die hele kompetisie afgestaan. Hy is al sedert 2014 deel van die NWU se Varsitybeker span.

Diè boorling van Randfontein is aan die einde van 2021 ook as hoofafrigter van die NWU en Luiperds se 0/19 spanne aangewys. Hy is van onskatbare waarde vir die NWU en die Bulle sal nie ‘n fout maak om diè gerekende afrigter aan te stel nie.

Dit is deel van sy DNS

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version