SportSport

Gimmies-breier lei met ‘n glimlag

Vanjaar se eerstespan rugbyafrigter van Gimmies, lei sy span met 'n glimlag op sy gesig. 

Vanjaar se eerstespan rugbyafrigter van Gimmies, lei sy span met ‘n glimlag op sy gesig.

John-Ross Jackson (32) is nie soos die geykte stereotipiese voorstelling van ‘n Rugbyafrigter nie. Ons almal ken die prentjie, die afrigter skree instruksies, die spelers luister maak dalk foute, die afrigter skree nog so bietjie en jaag almal om die veld.

Jackson is amper die teenoorgestelde, hy dra ‘n glimlag soos ‘n besigheidsman ‘n das dra.

Sy rede vir afrig is nie net om bekers te wen nie, maar om die seuns te help ontwikkel tot hulle volle potensiaal.

“Daar is nie meer baie mans rolmodelle vir seuns daar buite nie. Hopelik kan ek ‘n positiewe rolmodel vir die seuns wees dat hulle opdie veld kan presteer, maar ook dat hulle binne hulle eie gemeenskappe kan terugploeg,” vertel Jackson.

Jackson het jare lank by die NWU se eerstespan op voorry en slot uitgedraf terwyl hy onderwys studeer het.

“Ek het altyd geweet ek wil in sport betrokke wees, daai tyd het ek nie geweet van al die opsies in sportwetenskap nie toe besluit ek maar op onderwys. Ek het ook ‘n rigting gekies waar ek geweet het ek sal altyd werk hê. Wiskunde!” lag hy.

Wiskunde as vakkeuse vir Jackson is nie eintlik verbasend nie, hy is ‘n man wat daarvan hou om probleme op te los. Iets wat enige afrigter op ‘n daaglikse basis mee gekonfronteer word. Probleme kan ook nie altyd sonder hulp opgelos word nie.

“Ek het ongelooflik baie by Burger van der Westhuizen en Chaka Willemse geleer, ek is regtig nie bang om hulp te vra nie, want ek wil beter word sodat ek beter afrigting vir die seuns kan bied. Coach Burger het eendag vir my gesê, solank jy die regte mense inkry om te help, sal dit altyd goed gaan,” vertel Jackson.

Oorspronklik van Rustenburg, het Jackson direk na sy studies by Gimmies begin werk. In dié tyd is hy by die provinsiale strukture ingetrek. Eers as ‘n keurder in 2016 vir die Grant Khomo-spanne en in 2018 as ‘n afrigter vir dieselfde spanne.

Jackson is ‘n aanwins vir Gimmies, nie net op die rugbyveld nie, maar in die klaskamer ook.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button