Excelsior slaag toets na toets in NWU koshuisliga

Excelsior wat verlede jaar in die B-afdeling (Premierliga) van die NWU se koshuisliga gespeel het, het almal verbaas nadat hulle 'n sterk Patria span 25- 15 geklop het. 

Excelsior wat verlede jaar in die B-afdeling (Premierliga) van die NWU se koshuisliga gespeel het, het almal verbaas nadat hulle ‘n sterk Patria span 25- 15 geklop het.

Diè span het tot dusver elke toets met lof geslaag.

Volgens JJ van der Walt, afrigter van Excelsior, het sy span baie goed gespeel.

“Hulle speel as ‘n span saam en daar is individuele briljante oomblikke wat goed uitgevoer word. Ons gaan aanhou hard werk e nvoorbereie vir die volgende wedstryd,” het Van der Walt gesê.

Volgens Armand Buys, hoofafrigter van Patria, het hulle kontak fiksheid hulle in die laaste paar minute in die steek gelaat.

“Dit het Excelsior die geleentheid gegee om die bal by die vleuels uit te kry wat ons laat bont staan het en uiteindelik die knoop vir Excelsior deeur gehaak het.  Ek wil vir Excelsior geluk wens met die goeie wedstryd wat hulle gespeel het. Albei spanne het goeie rugby gespeel met tye. Ons weet waar ons kan verbeter en vat hierdie verloor op die ken. Ons fokus is nou op ons voorbereiding vir die Derby week. ‘The comeback is always greater than the defeat, het Buys na afloop van die wedstryd gesê.

Caput het ook weer gewen om onoorwonne te bly nadat hulle Villagers met 24 – 7 geklop het.

“Karakter en passie = wen. Dit was ‘n wedstryd wat ons ingesteldheid en karakter sou toets aangesien ons nie ‘n ideale week se voorbereiding gehad het nie. Weens beurtkrag en Donderweer kon ons net een keer gedurende die week oefen en weens spelers wat proef en nie beskikbaar was nie asook spelers wat beseer is in ‘n frats ongeluk was Caput letterlik rug teen die muur en op die agtervoet. Soos in die verlede het die manne diep gedelf en hard gewerk vir die wen,” het Henry Stewart, hoofafrigter van Caput gesê.

Overs het met 27 – 17 teen Veritas vasgeval. Dit was slegs Overs se tweede wedstryd in die liga nadat hulle ‘n paar loslootjies gehad het.

Volgens Robert Bosch, hoofafrigter van Overs, moet diè span se verdediging drasties verbeter.

“Ons voorspelers het baie goed gedoen in die vaste fasette. Hulle het die bal mooi oor die voordeel lyn gedra, daar is nog baie werk om te doen maar dit is ‘n stap in die regte rigting,” het Bosch gesê.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version