Willows gholftoernooi weer ‘n treffer by Potch Buiteklub

Die Willows toernooi het nou al reeds oor die jare sinoniem geraak met gholf uit die boonste rakke en spelers van heinde en verre wie kom deelneem aan die gesogte toernooi en hierdie jaar was geen uitsondering nie

Die alombekende Willows gholftoernooi het vanjaar weer gedurende die Paasnaweek (6-10 April) by die Potchefstroom Buiteklub plaasgevind.  Die Komitee van die Potchefstroomse Buiteklub het die toernooi aangebied.

Die toernooi het op Donderdagmiddag afgeskop met ‘n Par 3 kompetisie, soortgeklyk aan die van die “Masters.” Nardo Conradie (Potch Gholfklub) en Christy Raper (Royal Oak Gholfklub) het in die onderskeie Gross en Nett afdelings met die louere weggestap.

Terwyl die manne Donderdagmiddag ernstig gholf gespeel het, het die Paashaas ook sy (of, in hierdie geval “haar”) verskyning gemaak en kon die Mammas heerlik rustig op die pragtige stoep van die Buiteklub ietsie eet en drink, terwyl sowat 50 kinders paaseiers gesoek en die Paashaas maar goed besig gehou het!

Nardo-Conradie, Par-3, Nett Wenner.

Met die hulp van verskeie borge, is daar die res van die naweek weer heerlik ge”gholf”, gebraai, gekuier, gesels en gewen.

Selfs die nat weer het geen demper geplaas op die ongelooflike atmosfeer wat tydens hierdie toernooi op die gholfbaan (veral in die kroeg en op die stoep) geheers het nie.

Die Willows toernooi het nou al reeds oor die jare sinoniem geraak met gholf uit die boonste rakke en spelers van heinde en verre wie kom deelneem aan die gesogte toernooi en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Dit is nou al ‘n geruime paar jaar dat ‘n span uit die Verenigde Koningkryk jaarliks kom speel en hierdie jaar kan Namibië ook by die lys van spelers uit die buiteland gevoeg word.

Johan Coetzer en Luigi Lombaard is die 2023 Willows Gholftoernooi -kampioene. Foto: Verskaf.

Alhoewel spel Maandag, die laaste dag van die toernooi, vir ‘n wyle deur onweer en reën ontwrig is, het die toernooi Maandagmiddag op ‘n hoogtepunt afgesluit met prestasies as volg:

Dawie en Dries Burger het die prys vir “Best Dressed” gewen.

Best Dressed” wenners – Dawie Burger en Dries Burger;

Algehele toernooi wenners – Luigi Lombard en Johan Coetzer (onderskeidelik van Randpark –  en Kroonstad gholfklubs)

Hamper Wenner – Judith Swanepoel.

Die komitee, bestuur en personeel van Potch Buiteklub is inderdaad bevoorreg om ‘n toernooi van hierdie kaliber te kan aanbied en beplanning vir volgende jaar het alreeds weer begin.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version