SportSport

Groot opwinding vir Glasfit 9T20 eindstryde hierdie Sondag

Agt spanne het gedurende die 22/23 seisoen die balle grens toe gemoker en paaltjies laat spat.

Die immergewilge Glasfit 9T20 Sosiale en Besigheidskrieketliga bied hulle T20 krieketeindstryde hierdie
komende Sondag, 23 April by die Reinke Oval (Ou Stapelberg-stadion) op die Potchefstroom Weermagbasis
se krieketvelde.

Die krieketveld het ‘n nuwe baadjie aangetrek met ‘n hele paar opknappings.
Agt spanne het gedurende die 22/23 seisoen die balle grens toe gemoker en paaltjies laat spat.
Daar was ook goeie kompeterende gees tussen die spelers en spanne.

Bepalings:

  • Glasfit Potchefstroom speel in die A-finaal teen Superstars om 14:00.
  • Intelligro Kings vat vir Spartans aan in die B-finaal om 11:00.
  • Wenkem Rejects en Jaguars spook sake uit in die C-finaal om 08:00.
  • Terselfdertyd sal die Snipers en Reapers teen mekaar op Boys High se velde speel vir die 7de en 8ste plek om 14:00.

Die Glasfit 9T20 organiseerder, Christo van Wyk, nooi die publiek om na hierdie opwindende eindstryde te kom kyk en die manne te kom ondersteun. Dit beloof om ‘n dag propvol aksie te wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button