Luiperds soek naam vir nuwe gelukbringer

Die Luiperds het 'n nuwe gelukbringer, maar wat om hom te noem? 

Die Luiperds het ‘n nuwe gelukbringer, maar wat om hom te noem?

Die unie het besluit om die getroue ondersteuners die keuse te gee.

“Ons weet dat baie mense in die provinsie se harte na aan die Luiperds lê, daarom het ons besluit om die ondersteuners ‘n kans te gee om die gelukbringer se naam te kies,” het Eugene Fourie, HUB van die Luiperds gesê.

Eugene Fourie, HUB van die Luiperds Rugbyunie en Pine Maritz van Eastvaal Toyota by die nuwe gelukbringer. Toyota en die Luiperds is al 35 jaar in ‘n vennootskap om Rugby te bevorder Foto: Dustin Wetdewich

Die persoon wat die beste naam kies sal R1000 asook ‘n VIP ervaring wen. Dit behels twee kaartjies om in die Presidentslosie die wedstryd tussen die Luiperds en die Valke  op 3 Junie te gaan kyk.

Voorstelle van name kan na stewart@leopardsrugby.co.za gestuur word. Die Unie sal dan ‘n wenner kies.

Die Luiperds se nuwe gelukbringer kort ‘n naam.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version