SportSport

Baillies se skuts is aan die brand

Baillies Boogskiet se span het die algehele eerste plek behaal vir die dag waar elke skut 'n goue medalje ontvang het.

Laerskool Baillie Park se boogskietspan het weer hulle talent bewys met fantastiese prestasies tydens die Interskole-boogskietkompetisie wat by Hoërskool Schweizer-Reneke op Saterdag, 11 Maart plaasgevind het.

David Knoetze het ‘n goue medalje gewen vir die beste Junior Seunskuts met ‘n telling van 276.

Elizma de Jager het ‘n brons medalje gewen in die Junior Meisies afdeling met ‘n telling van 229. Baillies Boogskiet se span het die algehele eerste plek behaal vir die dag waar elke skut ‘n goue medalje ontvang het.

Die Welpies (Gr. 1 – 3) het ook baie goed presteer in hulle onderskeie afdelings: Goud: Christelle Maritz met ‘n telling van 264 Silwer: Megan Hendrikse met ‘n telling van 263 Brons: Ziane Zietsman met ‘n telling van 223.

Elizma de Jager en David Knoetze met hulle medaljes.
Baillies Boogskiet se span het die algehele eerste plek behaal vir die dag waar elke skut ‘n goue medalje ontvang het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button