Gimmies se swemmers vat eerste plek in Noordwes

Dawid Rossouw was ook aan die brand vir sy skool met ses eerste plekke en een derde plek.

Potchefstroom Gimnasium is tydens die Noordwes Skoleswemkampioenskappe wat vanaf 10-11 Februarie plaasgevind het, as die algehele wenners gekroon. Een van Gimmies se top swemmers, Chazél Orton het ook oudergewoonte geskitter en twee provinsiale rekords in die 100m en 200 m rugslag, verbeter. Sy behaal oor vyf eerste plekke.

Dawid Rossouw was ook aan die brand vir sy skool met ses eerste plekke en een derde plek.

Foto’s: Verskaf

René Kotzé skitter ook met drie eerste, drie derde en een tweede plek.

Volkies se swemmers behaal ook goeie uitslae vir hulle skool met  Ewald Bartleman, Francois Goosen en Pieter-Jacques du Toit wat uitblink.

Volkies se swemmers wat puik presteer het tydens die 2023 NW Skole Swemkampioenskappe. Foto: Volkies Potch/Facebook.

Du Toit wen 1 goud, 2 silwer en 2 bronsmedaljes. Bartleman wen twee goue en twee silwermedaljes terwyl Goosen 2 goud, 2 silwer en drie bronsmedaljes verower.

Hoërskool Ferdinand Postma vaar ook goed en eindig sewende uit 20 skole. Die Gomes-boeties, Jace en Tiago en die Schroll-sussies, Skyla en Keira vaar puik vir hul skool.

Jace behaal  1 goud, 1 silwer en drie bronsmedaljes. Tiago swem een bronsmedalje los. Skyla en Keira kry albei een bronsmedalje.

Hier is Gimmies se swemmers se uitslae:

Juniors:

Wian van Zyl, een vyfde plek

Dawid Roussouw, ses eerste plekke en een derde plek

Mathilda Liebenberg, een eerste plek

René Kotzé, drie eerste- en derde plekke en een tweede-, vierde- en vyfde plek

Seniors:

Deirdré Olivier, een derde- en vierde plek en drie vyfde plekke

Marno van der Merwe, twee derde plekke

Xandri Palmer, een tweede plek

Linique Rowles, een vierde- en vyfde plek

Francois Rousseau, een derde- en vyfde plek

Madelé Harding, twee tweede- en derde plekke

Alexia Delicado, twee vyfde plekke

Sumé du Preez, twee tweede plekke, drie derde plekke en een vierde- en vyfde plek

John-Thomas Botha, een derde en vyfde plek

Wilbert Vorster, twee eerste- en derde plekke en drie tweede plekke

Tumé van Niekerk, vier tweede plekke en een derde- en vierde plek

Philip du Plessis, een tweede plek en twee derde plekke

Chazél Orton, vyf eerste plekke

 

Exit mobile version