Potchefstroom Gimnasium is tydens die Noordwes Skoleswemkampioenskappe wat vanaf 10-11 Februarie plaasgevind het, as die algehele wenners gekroon. Een van Gimmies se top swemmers, Chazél Orton het ook oudergewoonte geskitter en twee provinsiale rekords in die 100m en 200 m rugslag, verbeter. Sy behaal oor vyf eerste plekke.
Dawid Rossouw was ook aan die brand vir sy skool met ses eerste plekke en een derde plek.
Foto’s: Verskaf
René Kotzé skitter ook met drie eerste, drie derde en een tweede plek.
Volkies se swemmers behaal ook goeie uitslae vir hulle skool met Ewald Bartleman, Francois Goosen en Pieter-Jacques du Toit wat uitblink.
Du Toit wen 1 goud, 2 silwer en 2 bronsmedaljes. Bartleman wen twee goue en twee silwermedaljes terwyl Goosen 2 goud, 2 silwer en drie bronsmedaljes verower.
Hoërskool Ferdinand Postma vaar ook goed en eindig sewende uit 20 skole. Die Gomes-boeties, Jace en Tiago en die Schroll-sussies, Skyla en Keira vaar puik vir hul skool.
Jace behaal 1 goud, 1 silwer en drie bronsmedaljes. Tiago swem een bronsmedalje los. Skyla en Keira kry albei een bronsmedalje.
Hier is Gimmies se swemmers se uitslae:
Juniors:
Wian van Zyl, een vyfde plek
Dawid Roussouw, ses eerste plekke en een derde plek
Mathilda Liebenberg, een eerste plek
René Kotzé, drie eerste- en derde plekke en een tweede-, vierde- en vyfde plek
Seniors:
Deirdré Olivier, een derde- en vierde plek en drie vyfde plekke
Marno van der Merwe, twee derde plekke
Xandri Palmer, een tweede plek
Linique Rowles, een vierde- en vyfde plek
Francois Rousseau, een derde- en vyfde plek
Madelé Harding, twee tweede- en derde plekke
Alexia Delicado, twee vyfde plekke
Sumé du Preez, twee tweede plekke, drie derde plekke en een vierde- en vyfde plek
John-Thomas Botha, een derde en vyfde plek
Wilbert Vorster, twee eerste- en derde plekke en drie tweede plekke
Tumé van Niekerk, vier tweede plekke en een derde- en vierde plek
Philip du Plessis, een tweede plek en twee derde plekke
Chazél Orton, vyf eerste plekke