NWU gaan man teen fisiese UJ staan

Die NWU Arende, gaan Maandag, 20 Februarie, hulle Varsitybeker veldtog teen UJ afskop. 

Die NWU Arende, gaan Maandag, 20 Februarie, hulle Varsitybeker veldtog teen UJ afskop.

Jonothan Mokuena se troepe kom Fanie toe om Burger van der Westhuizen se pers bataljon aan te vat.

Die NWU sal gelukkig wees met die hoeveelheid, ervare spelers hulle vir vanjaar se kompetisie kon behou. Daar is tog ‘n tikkie ongeluk vir die Arende, nadat die ervare vaskop en kaptein, Sampie Swiegers tydens ‘n oefenwedstryd beseer was.

“Dit is baie ongelukkig maar ons moet maar die beste van die situasie maak. Ons het aan die begin van die seisoen ‘n kaptein en onderkaptein aangekondig so dit was baie maklik om ‘n nuwe kaptein aan te stel,” het van der Westhuizen gesê.

Riaan Genis, self ook een van die mees ervare spelers in die groep sal die kapteinskap oorneem.

Volgens Van der Westhuizen is UJ ‘n baie fisiese span wat sterk op verdediging is. In daai afdeling het die NWU gelukkig genoeg skietgoed om hulle man teen die UJ aanslag te staan.

Volgens Jonathan Mokuena, hoofafrigter van UJ is die NWU altyd ‘n gevaarspan.

“Hulle begin gewoonlik die kompetisie goed, so om teen hulle eerste te kry is seker nie die mees gunstige begin nie maar ons sien uit na ‘n goeie uitdaging,” het Mokuena gesê.

Volgens hom het UJ vier slotte verloor.

“Dit is bietjie van ‘n uitdaging, maar as ‘n afrigter moet jy planne maak en ek glo ons het die regte planne,” verduidelik Mokuena.

Die wedstryd skop om 19:00 op die Fanie du Toit sportgronde af.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version