SportSport

Hierdie Baillie-skuts is in die kol

David Knoetze (10) wys dat hy weet waar om te mik met goud as beste junior seun.

Baillies Boogskiet se skuts het op Saterdag, 4 Februarie aan Wildcrete se AGA-SA 3Di Triple Crown boogskietkompetisie deelgeneem en puik prestasies behaal.

David Knoetze (10) wys dat hy weet waar om te mik met goud as beste junior seun. Hy het ‘n fantastiese telling van 251 behaal. Hy het ook die toekenning ontvang vir die algehele beste junior skut.

Bendré Hendrikse (13) het weggestap met ‘n silwer medalje by die junior seuns met ‘n telling van 249.

Megan Hendrikse (8) het ‘n eerste plek ontvang in die meisies, gr. 2-3 ouderdomsgroep, bekend as die Welpies (Cubs), met ‘n telling van 256. Sy is ook aangewys as die algehele wenner onder die Welpies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button