Twee titels in SA kleure vir Potch tennisspelers

Jahnie, ‘n graad 8 leerder in Potchefstroom Gimnasium, het haar enkelspeltitel in die o.14-kategorie gewen met ‘n 6-2, 6-3 oorwinning teen Roxy Bredenkamp van Suid-Afrika.

Twee van die Riaan Venter Tennisakademie se top spelers, Reuben de Klerk en Jahnie van Zyl het albei enkelspeltitels behaal tydens die o.14 en o.16 ITF/CAT kampioenskappe wat vanaf 7-10 Januarie in Harare, Zimbabwe plaasgevind het.

Hierdie toernooi se doel was om die top land in Suidelike Afrika te kroon wat dan later vanjaar aan die Afrika-kampioenskappe gaan deelneem.

Reuben en Jahnie wat albei deur Riaan Venter afgerig word, sal dus nou Suid-Afrika verteenwoordig later vanjaar teen Afrika se bestes.

Jahnie, ‘n graad 8 leerder in Potchefstroom Gimnasium, het haar enkelspeltitel in die o.14-kategorie gewen met ‘n 6-2, 6-3 oorwinning teen Roxy Bredenkamp van Suid-Afrika.

“Dit was baie lekker en ek het baie geleer as speler. Ek sal graag die top 1000 in die ITF-ranglys vanjaar wil behaal,” noem Jahnie.

Reuben klop vir Connor Doig (RSA) met 7-5 6-1 om met die seuns o.16 titel weg te stap.

“Dit was ‘n ongelooflike ervaring om in ‘n ander land te gaan speel vir Suid-Afrika. Al die spelers en afrigters het dit regtig die moeite werd gemaak. In die finaal speel ek teen my dubbelsmaat van Durban wat nommer 1 gekeur was en toe wen ek 7-5 6-1,” noem die 15-jarige Reuben.

Reuben en Jahnie was deel van die top 3 spelers in hulle ouderdomskategorie wat vir Suid-Afrika gekies is om aan hierdie toernooi deel te neem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version