SportSport

NWU klop Tukkies om plek in halfeindstryd te bespreek

Die NWU het 'n fantastiese wedstryd gespeel en ook 'n belangrike bonuspunt behaal, wat hulle tans tweede op die punteleer plaas op 30 punte

Die NWU se Varsity Netbalspan het vanmiddag (Sondag, 2 Oktober) bewys dat hulle een van die aanspraakmakers vir vanjaar se Varsity Netbaltitel is, toe hulle vir Tukkies met 68-59 vanmiddag geklop het in Bloemfontein by die Universiteit van Vrystaat (Kovsies).

Die NWU het ‘n fantastiese wedstryd gespeel en ook ‘n belangrike bonuspunt behaal, wat hulle tans tweede op die punteleer plaas op 30 punte, net agter Maties wat tans op 32 punte in die eerste plek na 6 wedstryde staan.

In hierdie kragmeting teen Tukkies wat enige kant toe kon gaan nadat dit 29-29 elk teen half-tyd geëindig, het die NWU hulle energievlakke na halftyd gelig.

Die NWU se verdedigende vleuel, Keke Molotsi, is as die speler van die wedstryd aangewys na haar skerp taktiese vermoë sowel as haar energie en visie op die baan ‘n groot rol in die Potchefstromers se wen gespeel het.

Tukkies het hulle bes probeer met Marichelle Visagie (huldoel) en Kylie van Wyk (senter) wat goeie wedstryde vir die Pretorianers gehad het. Op die dag was die NWU net meer honger en skerper op die baan.

Die wisselwerking tussen Elmere van der Berg (hulpdoel) en Sunel Smit (doel) het ook verseker dat die NWU gedurig die telbord laat aanbeweeg.

Sanmarie Visser, Nicolene van Heerden en Martine Jordaan het ook elkeen op verdediging hulle staal gewys met goeie posisionering op die baan.

Algeheel was dit ‘n fantastiese spanvertoning van die NWU wat veggees wys na hulle verloor teen Maties verlede Maandag.

Die NWU kom Maandag, 3 Oktober teen die tuisspan, Kovsies om 19:00 in rondte 7 te staan. Dit behoort ‘n tradisionele tweegeveg soos min te wees. Dit is ook die laaste wedstryd voor die half-eindstryde plaasvind. Dit is nog onseker teen wie die NWU sal speel, maar soos die puntestand lyk kan dit Tukkies, Kovsies of UJ wees.

Foto’s: Hannes Naude/Asem Engage

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button