SportSportSport

Maties breek NWU se onoorwonne rekord in Varsity Netbal

Voor 'n volgepakte NWU Amfiteater netbalbaan moes die NWU gisteraand (Maandag, 26 September) met 56-51 die knie buig in 'n taai wedstryd teen Maties in die Varsity Netbaltoernooi. 

Voor ‘n volgepakte NWU Amfiteater netbalbaan moes die NWU gisteraand (Maandag, 26 September) met 56-51 die knie buig in ‘n taai wedstryd teen Maties in die Varsity Netbaltoernooi.

Al was die skare NWU-ondersteuners luidkeels gedurende die volle 60 minute kon hulle nie hul gunsteling netbalspan aanspoor na die vyfde oorwinning van die toernooi nie.

Maties is nou die enigste onoorwonne span in hierdie toernooi vanjaar en is nou bokant die punteleer met 22 punte. Die NWU is tweede op 20 punte. Tuks en Kovsies behou tans die derde en vierde plekke.

Gisteraand kon die NWU Arende net nie momentum bou teen Maties se wel geoliede netbalmasjien nie. Op verdediging het Maties die lengte van Nicola Smith and Syntiche Kabuya goed gebruik om die NWU se Elmere van der Berg en Sunel Smit te stuit.

Op die ander kant van die baan het Nicolene van Heerden en Martine Jordaan ook vir Maties gefrustreer in ‘n wip-wa eerste helfte.

Dit kan in die doelpersentasies gesien word wat onder 80% vir albei spanne was. Maties se doelperentasie was 71% en die NWU op 65%. Verder het is die NWU ook 17 meer strawwe meegemaak.

Maties was ook meer doeltreffend met balverspreiding in die doelderde. Chrisley Marshall en Nichole Taljaard het ook hulself goed van hul taak gewyt. Soos gewoonlik het die NWU se Michelle Geduld en Tlotlang Mokomela het hul beste probeer weer hul span in die wedstryd te kry. Die NWU het ook nie hulle 2 minuut Powerplay-fase (waar ‘n doel twee punte tel) benut nie.

Foto’s: Varsity Sports

Elsunet du Plessis se span het nou ‘n week om te beplan vir die laaste twee wedstryde van die groepfase wat in Bloemfontein aangebied word. Hulle het twee groot wedstryde teen Tukkies (2 Oktober om 15:00) en Kovsies (3 Oktober om 19:00) wat in hulle visier is. Oorwinning sal ‘n gunstelike plek op die punteleer vir die Potchefstromers gee.

 

Related Articles

 
Back to top button