Jong Luiperds opgewonde vir All Blacks kuier

Die Luiperds se o/19 span is besonders opgewonde om Donderdag (29 September) die All Blacks se o/19 span na Potchefstroom te verwelkom. 

Die Luiperds se o/19 span is besonders opgewonde om Donderdag (29 September) die All Blacks se o/19 span na Potchefstroom te verwelkom.

Dié span het reeds amok gemaak onder ander Suid Afrikaanse o/19 spanne nadat hulle 86 – 0 met die WP en daarna 54 – 13 met die Sharks afgereken het.

Alhoewel die wedstryd teen die Luiperds sal alles behalwe maklik vir die Nieu-Seelanders wees. Hulle het tot dusver nog net langs die kus gespeel, en op ‘n warm somersdag op Olënpark, sal die lugdruk ‘n rol speel.

Volgens Jean Tiedt, hoofafrigter van die Luiperds se o/19 span,  is die manne almal baie opgewonde en goed voorberei.

“Almal in die groep is baie positief oor ons kanse. Ons het ‘n sterk pak wat hulle onder druk sal kan plaas, en as die spelers nooit ophou baklei nie, dan sal ons kompeterend wees. Die deurslagewende faktor sal moontlik on verdediging wees,” het Tiedt gesê.

Volgens hom gaan hulle gaan om die wedstryd te wen, maar hy wil ook hê die jong spelers moet dit geniet.

“Wat ‘n besonderse geleentheid is dit nie vir die outjies nie. Hulle speel teen ‘n internasionale span, hulle gaan ‘n Haka in die gesig staar. Iets awt nog nie een van hulle nog ooit beleef het nie. Ons moet onthou om die dag ook in te neem,” verduidelik Tiedt.

Ander Suid Afrikaanse spanne sal daarvan getuig dat die Hoenderhok in Potchefstroom nie ‘n maklike plek is om te kom speel nie. Iets wat die Luiperds met elke wedstryd in hulle guns sal wil gebruik.

Die wedstryd skop Donderdag (29 September) om 16:00 op Olënpark af.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version