SportSport

Emmies se gholfdag ‘n reuse sukses

Op Vrydag, 16 September 2022, het verskeie vierballe aan Laerskool M.L. Fick se gholfdag deelgeneem.

Op Vrydag, 16 September 2022, het verskeie vierballe aan Laerskool M.L. Fick se gholfdag deelgeneem. Die baan was vol geborg met “watergate” wat dit die moeite werd gemaak het vir die gholfspelers.

Laerskool M.L. Fick bedank graag al die putjie-borge onder andere.

“Julle ondersteuning en gees word opreg waardeer. Die eet- en drinkgoed was tops. Ons bedank ook graag elke ander borg wat bygedra het tot die sukses van die dag. Dankie ook aan Potch-Buiteklub vir die gebruik van die baan,” noem die skool.

Foto’s: Verskaf

 

Laastens wil ons skool vir elke gholfspeler bedank vir hulle goeie gees en ondersteuning! Dit was ‘n heerlike dag en ons kon sien almal het die dag ten volle geniet.

Laerskool M.L. Fick is dankbaar vir die 3de suksesvolle gholfdag wat kon plaasvind. Ons sien uit na die volgende een in 2023.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button