SportSportSport

Noordwes Krieket se hoof uitvoerende beampte bedank

Noordwes Krieket se hoof uitvoerende bestuurder, HP Prinsloo het verlede week bedank. Dit nadat hy vir ongeveer vier jaar aan die stuur van sake as HUB by Noordwes Krieket was. Volgens Noordwes Krieket president Tebogo Mothlabane, het Prinsloo sy bedanking in Julie ingehandig maar verduidelik dat daar nie ‘n spesifieke rede gegee is nie. “Ek …

Noordwes Krieket se hoof uitvoerende bestuurder, HP Prinsloo het verlede week bedank.

Noordwes Krieket se HUB, HP Prinsloo, het bedank.

Dit nadat hy vir ongeveer vier jaar aan die stuur van sake as HUB by Noordwes Krieket was.

Volgens Noordwes Krieket president Tebogo Mothlabane, het Prinsloo sy bedanking in Julie ingehandig maar verduidelik dat daar nie ‘n spesifieke rede gegee is nie.

“Ek het net ‘n kort brief van twee lyne ontvang wat sy bedanking bevestig het. Daar is nie ‘n volledige rede verskaf nie,” noem Mothlabane.

Die Herald het Prinsloo vir kommentaar genader, maar hy het verkies om nie verdere redes vir sy bedanking te gee nie. Hy het amptelik op 11 Augustus sy pos as HUB by Noordwes Krieket verlaat.

Mothlabane het bevestig dat Ismail Minty as waarnemende HUB sal optree.

Prinsloo se bedanking kom na ‘n moeilike 2021/22 seisoen vir Noordwes Krieket.  Die Noordwes Dragons se voormalige hoofafrigter, Monty Jacobs, is ook onder omstrede wyse in Februarie vanjaar geskors en in Junie ontslaan.

Die saak is tans by die Kommissie vir Konsiliasie, Bemiddeling en Arbitrasie. Die arbitrasieverhoor sal in September vanjaar plaasvind.

Met die 2022/23 seisoen om die draai kom interne verwikkelinge by Noordwes Krieket op ‘n moeilike tyd vir die unie.

Die Noordwes Dragons speel vanjaar weer in die A-divisie en sal alles moet uithaal om hul plek te behou aangesien promosie en relegasie vanjaar bepaal word.

 

 

 

Related Articles

 
Back to top button